Plaasverblyf & Aktiwiteite

Aktiwiteite

Aktiwiteite op Vaalleegte sluit in, jag, wildritte en ‘n keuse van drie uitgelegde staproetes (meegaande kaart beskikbaar) in die pragtige Vaalleegte Karooveld. Die Karoo veld bied uitstekende geleentheid vir fotografie en die ontdekking van ‘n groot verskeidenheid van voels, wild, blomme, klippe, insekte, grassoorte, en bome.

Die wild sluit in Steenbokkies, Duikers, Springbok,  Bontebok, Rooihartebees, Blouwildebees, Swartwildebees, Gemsbok & Zebra.

Daar is ‘n verskeidenheid van 4X4 roetes in die omgewing.
Dit is ook heerlik om op Vaalleegte te bly en kort ekskursies na die interessante omliggende omgewing te doen. Die hele famielie of groep sal dit geniet. Die persone wat nie lus is om te jag of te wag vir die jagters nie kan naby gelee Oudtshoorn, Prince Albert en Sutherland besoek met vele interessanthede om te sien en doen. Sien skakels

‘n Karoo nag onder ‘n sterre koepel en langs ‘n vuur is ‘n onvergeetlike belewenis.

Wildlewe & Jag.
Daar is verskeie roetes deur die wildkamp waar die volgende wildspesies besigtig kan word, nl Steenbok, Duiker, Springbok, Bontebok, Rooihartebees, Blouwildebees, Gemsbok en Zebra.

E-pos ons na: celeroux@vodamail.co.za of skakel ons vir meer inligting.