Vir die Jagters
VIR DIE JAGTER
WILD & VERWERKING PRYSE
Kontak ons asseblief vir pryse.
Bul of Koei
Gemsbok
Blouwildebees
Swartwildebees
Rooihartebees
Blesbok
Springbok
AFSLAGFOOI
Gemsbok
Blouwildebees
Swartwildebees
Rooihartebees
Blesbok
Springbok
1. Koste vir gebruik van fasiliteite vir selfbewerking (vleissaag, vleismeul & koelkamer) – R/kg
- Bewerking van wild kan VOORAF gereël word met Mnr Joubert Esterhuizen van Douvoordag Slaghuis in Merweville (Tel: 023 501 4117)
AKKOMMODASIE (Per persoon per dag vir minimum van 3 NAGTE)
PER NAG PER PERSOON
Bed, beddegoed en handdoeke
Koffie, tee, suiker, melk en beskuit
Skoonmaak van leefvertrek en was van skottelgoed.
Kospakkie vir veld slegs op aanvraa.
Ontbyt beskikbaar op aanvraag.
DAGFOOI VIR JAGTERS
Voorsitjag van hoofsaaklik springbok & blesbok, min. 6 jagters per jagter p/dag
Jag vanaf voertuig met ‘n maksimum 3 jagters per voertuig per voertuig p/dag
Bring asseblief saam:
Genoeg drinkgoed en ys.
Koelhouers om vleis in te vervoer.
Plastiese sakke vir die verpakking van vleis.
BAIE BELANGRIK
Die organiseerder / persoon in beheer van die reelings moet sorg dat elke lid van die jagspan ‘n afskrif van hierdie uiteensetting / pryslys ontvang.
- Elke jagter moet in besit wees van `n geldige jaglisensie vir die Weskaap, hierdie jaglisensie is onder andere beskikbaar by Koup Produsente in Laingsburg (André Coetzee – 083 474 1111).
- Elke jagter moet in besit wees van sy eie vuurwapen of ‘n Bevoegdheidssertifikaat (in ooreenstemming met die Wapenwet) indien ‘n wapen geleen word.
- ‘n Skietbaan is beskikbaar vir die inskiet van wapens.
- Daar word slegs op Donderdae en Vrydae gejag, u is egter baie welkom om die rustige Karoo te geniet tot die Sondag toe. Ons versoek dat alle jagters om teen 15:00 op die Woensdag te arriveer, ten einde genoeg tyd toe te laat vir die behoorlike inskiet van die wapens.
- ‘n Deposito is betaalbaar deur elke persoon in die jagspan om u bespreking te bevestig. Indien geen bevestiging en deposito ontvang is nie, sal u bespreking gekanselleer word. Die gemelde deposito sal alleenlik terugbetaalbaar wees indien die bespreking gekanselleer word 30 dae voor u bespreking.
- U word versoek om teen die bogenoemde datum te bevestig of u kospakkie en/of ontbyt gaan neem.
- U word ook versoek om teen die bogenoemde datum te bevestig die hoeveelheid en soort bokke wat u graag wil skiet. Die getalle wild wat beskikbaar is sal dan bevestig word.
- Kwesbokke bly `n teer saak en moet onmiddellik aangemeld word sodat die bok opgespoor kan word. Indien gekweste bok/ke nie opgespoor word nie, is dit die span se verantwoordelikheid om die bok/ke te betaal, bereken teen die gemiddelde gewig.
- Indien ‘n jagter ‘n bok / dier skiet wat nie vooraf met die boer ooreengekom is nie, sal dubbel die prys van die bok betaalbaar wees.
AKKOMMODASIE BUITE DIE JAGSEISOEN (Kontak ons gerus vir pryse)