Welkom

VAALLEEGTE SAFARI`S

MERWEVILLE-DISTRIK, KAROO

Dries:  083 448 1412  –  Cyrilene:  082 820 4939

TEL:  087 941 7568  –  E-mail Address: celeroux@vodamail.co.za


Die Plaas Vaalleegte is geleë 20km op die pad tussen Prins Albertwegstasie en Merweville.

WAT OM TE VERWAG:

‘n Lieflike plaas in die Karoo met puik akkommodasie, elf bokspesies wat besigtig kan word en waar jy aktiwiteite soos jag, wildritte, bergfietsroetes en staptogte in die pragtige Karooveld kan geniet.

AKKOMMODASIE

‘n Jagtershuis wat bestaan uit 3 slaapkamers met beddegoed en handdoeke wat 6 tot 7 persone kan akkommodeer, ‘n groot leefvertrek met sitkamergedeelte, DSTV, binnebraai met roosters, eetkamertafel, kroeg en volledig toegeruste kombuis, sowel as twee badkamers met storte.  `n Buitebraai is ook beskikbaar en 1 sak hout per dag sal voorsien word.

Verder is daar 2 woonstel eenhede  vir 3 persone en 1 woonstel vir 2 –  met beddegoed, handdoeke, ‘n en-suite badkamer , ‘n volledig  toegeruste kombuis en buite-braai.

Daar is ‘n onspanningslokaal met ‘n Pooltafel & DSTV.

VIR DIE JAGTER

WILD & VERWERKING PRYSE 2017

Bul                  Koei

Gemsbok                     R 5000.00        R 6000.00

Blouwildebees             R 4500.00        R 4700.00

Swartwildebees           R 3500.00        R 3550.00

Rooihartebees             R 4000.00        R 4500.00

Blesbok                        R 40.00/kg (BINNEGOED UIT – HARSLAG IN)

Springbok                    R 45.00/kg (BINNEGOED UIT – HARSLAG IN)

 

AFSLAGFOOI

Gemsbok                     R 80.00

Blouwildebees             R 80.00

Swartwildebees           R 65.00

Rooihartebees             R 65.00

Blesbok                        R 45.00

Springbok                    R 30.00

 

1.        Koste vir gebruik van fasiliteite vir selfbewerking (vleissaag, vleismeul & koelkamer) – R1.5/kg

  1. Bewerking van wild kan VOORAF gereël word met Mnr Joubert Esterhuizen van Douvoordag Slaghuis in Merweville (Tel: 023 501 4117)

 

AKKOMMODASIE (Per persoon per dag vir minimum van 3  NAGTE)

@ R 300.00 PER NAG PER PERSOON

Bed, beddegoed en handdoeke

Koffie, tee, suiker, melk en beskuit

Skoonmaak van leefvertrek en was van skottelgoed.

Kospakkie vir veld slegs op aanvraag @ R50.00 per pakkie.

Ontbyt beskikbaar op aanvraag @ R45.00 per person.

DAGFOOI VIR JAGTERS

Voorsitjag van hoofsaaklik springbok & blesbok, min. 6 jagters       R 180.00  per jagter p/dag

Jag vanaf voertuig met ‘n maksimum 3 jagters per voertuig                        R 540.00 per voertuig p/dag

 

Bring asseblief saam:

Genoeg drinkgoed en ys.

Koelhouers om vleis in te vervoer.

Plastiese sakke vir die verpakking van vleis.

 

BAIE BELANGRIK

 

Die organiseerder / persoon in beheer van die reelings moet sorg dat elke lid van die jagspan ‘n afskrif van hierdie uiteensetting / pryslys ontvang.

 

  1. Elke jagter moet in besit wees van `n geldige jaglisensie vir die Weskaap, hierdie jaglisensie is onder andere beskikbaar by Koup Produsente in Laingsburg (André Coetzee – 083 474 1111).
  2. Elke jagter moet in besit wees van sy eie vuurwapen of ‘n Bevoegdheidssertifikaat (in ooreenstemming met die Wapenwet) indien ‘n wapen geleen word.
  3. ‘n Skietbaan is beskikbaar vir die inskiet van wapens.
  4. Daar word slegs op Donderdae en Vrydae gejag, u is egter baie welkom om die rustige Karoo te geniet tot die Sondag toe. Ons versoek dat alle jagters om teen 15:00 op die Woensdag te arriveer, ten einde genoeg tyd toe te laat vir die behoorlike inskiet van die wapens.
  5. ‘n Deposito van R500.00 is betaalbaar deur elke persoon in die jagspan teen 15 Februarie 2017 om u bespreking te bevestig. Indien geen bevestiging en deposito voor/op genoemde datum ontvang is nie, sal u bespreking gekanselleer word. Die gemelde deposito sal alleenlik terugbetaalbaar wees indien die bespreking gekanselleer word 30 dae voor u bespreking.
  6. U word ook versoek om teen die bogenoemde datum te bevestig of u kospakkie en/of ontbyt gaan neem.
  7. U word ook versoek om teen die bogenoemde datum te bevestig die hoeveelheid en soort bokke wat u graag wil skiet. Die getalle wild wat beskikbaar is sal dan bevestig word.
  8. Kwesbokke bly `n teer saak en moet onmiddellik aangemeld word sodat die bok opgespoor kan word. Indien gekweste bok/ke nie opgespoor word nie, is dit die span se verantwoordelikheid om die bok/ke te betaal, bereken teen die gemiddelde gewig.
  9. Indien ‘n jagter ‘n bok / dier skiet wat nie vooraf met die boer ooreengekom is nie, sal dubbel die prys van die bok betaalbaar wees.

 

KAROO PLAAS AKKOMMODASIE BUITE DIE JAGSEISOEN (Kontak ons gerus vir pryse)